|
Krieketnuus: Engeland wen eendagreeks teen Proteas met vier-nul |
|
|
|
|
Donderdag, 04 September 2008 |
|
Engeland het die eendagreeks teen Suid-Afrika met vier-nul gewen nadat die vyfde en laaste wedstryd van die reeks gister weens reën gestaak moes word.
Engeland het die eendagreeks teen Suid-Afrika met vier-nul gewen nadat die vyfde en laaste wedstryd van die reeks gister weens reën gestaak moes word. Suid-Afrika het ses lopies vir een na drie boulbeurte gehad toe die spelers verplig was op die veld by Sophia Gardens te verlaat. Herschelle Gibbs is vir slegs drie lopies uitgehaal en die besoekers kon slegs drie lopies byvoeg voordat die wedstryd uitgereën het. |