| Liedjie wat nou speel / pas gespeel het: WESTLIFE : World Of Your Own |
| Mbeki en sy vrou gaan Mwanawasa se begrafnis in Lusaka bywoon |
|
|
|
| Dinsdag, 02 September 2008 | |
|
President Thabo Mbeki en sy vrou, Zanele, sal môre die begrafnis van die afgestorwe Zambiese president Levy Mwanawasa in Lusaka bywoon.
Mbeki is een van 14 Afrika-staatshoofde wat bevestig het dat hulle die begrafnis sal bywoon.Zimbabwe se president Robert Mugabe sal ook teenwoordig wees.Mwanawasa het nie gehuiwer om Mugabe te kritiseer nie en het vroeër vanjaar na Zimbabwe as ‘n sinkende Titanic verwys. |
| < Vorige | Volgende > |
|---|











