|
SA Rugby bied beloning aan |
|
|
|
|
Dinsdag, 02 September 2008 |
|
SA Rugby het ’n beloning van tien-duisend rand aangebied vir inligting oor drie mans wat glo ’n swart vrou aangerand het tydens Saterdag se Drienasies-toets teen Australië in Johannesburg.
SA Rugby het ’n beloning van tien-duisend rand aangebied vir inligting oor drie mans wat glo ’n swart vrou aangerand het tydens Saterdag se Drienasies-toets teen Australië in Johannesburg. Die vrou beweer dat die mans haar arm agter haar rug ingebuig en haar die k-woord toegesnou het. Die president van Saru, Oregan Hoskins, sê in ’n verklaring daar was 54-duisend toeskouers wat die Springbokke se oorwinning geniet het, maar dit neem net een rassistiese voorval om dit in ’n onsmaaklike geleentheid te verander. Hy sê rugby is daartoe verbind om dié soort gedrag uit te wis en daar sal swaar teen die oortreders opgetree word wanneer hulle geïdentifiseer word. |