|
Sondag, 31 Augustus 2008 |
|
Zimbabwe se opposisie Beweging vir Demokratiese Verandering, die MDC, het beweer dat prokureurs van die Mugabe regering en intelligensie amptenare ‘n komplot gesmee het om kriminele klagtes teen MDC parlementslede op te maak ten einde ‘n einde aan die opposisie se meerderheid in die parlement te bring.
Die MDC het beweer dat die komplot deur Zimbabwe se adjunk prkureur-generaal Johannes Tomana gelei word.Die adjunk minister van inligting, Bright Matonga , het die bewerings ontken. Hy het gesê sy regering is al gewoond aan die beskuldigings wat daarop gemik is om die MDC se Westerse borge gelukkig te maak. |