|
Bybel onderwater in Afrikaans gelees |
|
|
|
|
Saterdag, 30 Augustus 2008 |
|
Ongeveer 35 duikers het vandag voortgegaan met hul poging om die Afrikaanse vertaling van die Bybel minstens 64 uur onderwater by die Bybelhuis in Bloemfontein te lees.
Die duikers het reeds Woensdag met die poging begin om ‘n nuwe Guinness wêreldrekord met die onderwater lesery op te stel. Die marathon Bybellees poging maak deel uit van aktiwiteite wat deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika gereël is vir die 75ste herdenking van die vertaling van die Bybel in Afrikaans. |