|
Vrydag, 29 Augustus 2008 |
|
‘n Staking deur taxi-bestuurders op die roetes tussen Johannesburg en Pretoria is vanoggend voortgesit.
Die voorsitter van die Johannesburg, Pretoria en Mabopane taxivereniging, Thomas Masese, sê sowat 250 bestuurders staak by die Noordstraat-taxistaanplek in sentraal-Johannesburg.Hy sê ander verenigings is intussen versoek om met die vervoer van pendelaars te help.Hy sê die bestuurders is ontevrede oor ‘n kaartbetaalstelsel in taxi's, omdat hulle daardeur nie onmiddellike toegang tot kontant het nie. |