|
Volgens ANC het uittog van wittes te kort aan kundigheid in staatsdiens veroorsaak |
|
|
|
|
Woensdag, 27 Augustus 2008 |
|
Die ANC se tesourier-generaal, Mathews Phosa, sê die uittog van witmense uit die staatsdiens het tot ‘n tekort aan kundigheid op sekere belangrike terreine gelei.
Phosa het in ‘n artikel in die Johannesburgse dagblad, The Star, gesê as ‘n verkose leier van die ANC wil hy seker maak dat die party nie die foute van die verlede herhaal nie.Hy het gesê die ANC is voornemens om opgeleide witmense die geleentheid te gee om na die staatsdiens terug te keer. |