|
Morne Harmse vir sielkundige waarneming gestuur |
|
|
|
|
Woensdag, 27 Augustus 2008 |
|
Die 18-jarige Wes-Randse matriekseun, Morne Harmse, wat daarvan aangekla word dat hy ‘n mede-leerling verlede week met ‘n swaard by die skool doodgemaak het, gaan vir psigiatriese waarneming na die Sterkfontein hospitaal gestuur word.
Harmse het vanoggend vlugtig in die landdroshof op Krugersdorp verskyn.‘n Dokter wat Harmse die afgelope week in die Krugersdorp gevangenis besoek het, het aan die hof vertel dat hy aan ‘n persoonlikheidsversteuring ly. Die dokter sê Harmse het aan hom vertel dat hy deur ‘n spook besoek is wat hom aangesê het om ‘n satanis te wees. |