|
Krieketnuus: Proteas maak skande |
|
|
|
|
Woensdag, 27 Augustus 2008 |
|
Suid-Afrika se krieketspan het op Trent Bridge groot skande gemaak toe hy vir sy tweede laagste telling ooit in internasionale eendagkrieket naamlik 83 lopies uitgehaal is.
Suid-Afrika se krieketspan het op Trent Bridge groot skande gemaak toe hy vir sy tweede laagste telling ooit in internasionale eendagkrieket naamlik 83 lopies uitgehaal is. Engeland het die tweede kitswedstryd met tien paaltjies gewen en loop nou met 2-nul in die reeks van vyf wedstryde voor. Die Engelse naatbouler Stuart Broad het vyf paaltjies vir slegs 23 in sy tien boulbeurte laat kantel. Daar was nog slegte nuus vir die Suid-Afrikaners want die kaptein, Graeme Smith, gaan moontlik Vrydag se derde kitswedstryd op die Oval weens 'n tennis-elmboog misloop. |