|
Skoolkinders rig groot skade aan |
|
|
|
|
Sondag, 24 Augustus 2008 |
|
’n Groep skoolkinders het miljoene rande se skade by die Mthetha Mu-sha-natuurreservaat naby Nelspruit aangerig.
Dit het gevolg nadat ’n wildbewaarder glo vroeër ’n seun doodgeskiet het wat saam met twee ander skoolkinders glo onwettig met pangas in die reservaat gaan wild jag het. Sy klasmaats van die Sidumgeni Hoërskool naby Nelspruit het die hoofgebou in die reservaat geplunder en geboue en voertuie aan die brand gesteek.Dertien kinders is op aanklagte van brandstigting en opsetlike saakbeskadiging in hegtenis geneem, terwyl drie veldwagters in verband met die seun se moord gearresteer is. |