|
Springbokke word uitgejou |
|
|
|
|
Sondag, 24 Augustus 2008 |
Die president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, Oregan Hoskins, sê hy was geskok dat die toeskouers die Springbokke ná gister se verloortoets teen Australië in Durban uitgejou het.
Hy het in ‘n onderhoud gesê die publiek se ontevredenheid is baie groter as wat hy gedink het.Hoskins sê as president van Saru staan hy by die afrigter, Peter de Villiers, en by die span, maar hy moet uiteindelik verantwoordelikheid aanvaar vir wat met die Springbokke gebeur. De Villiers het op ‘n nuuskonferensie gesê die Suid-Afrikaanse ondersteuners het rede om ongelukkig te voel, want hulle wil ‘n wenspan ondersteun.Hy sê hulle moet geduldig wees, aangesien hy besig is om die Springbokke se speelstyl te verander. Die Springbokkaptein, Victor Matfield, het gesê dit was bitter om uitgejou te word, maar hy verstaan hoe die mense voel omdat Suid-Afrika twee toetse verloor het en dit onaanvaarbaar is. |