|
Minister Pahad ontken stories oor 2010-sokker |
|
|
|
|
Saterdag, 23 Augustus 2008 |
|
Die minister in die presidensie, Essop Pahad, sê hy het nooit gesuggereer dat wit mense in die algemeen teen die 2010-wêreldbekertoernooi in Suid-Afrika gekant is nie.
Hy sê hy het verwys na sommige blankes en het dit duidelik gemaak dat hy aanvaar dat die meeste blankes die projek ondersteun. Hy sê koerantopskrifte ruk sy kommentaar egter heeltemal uit verband.Beeld berig dat Pahad herhaal het dat daar sommige wit mense is wat nié wil hê die Wêreldbeker moet slaag nie, omdat hulle nie die demokratiese bestel aanvaar nie.Hy het verwys na rassevoorvalle in die Vrystaat en in Limpopo wat bewys talle wit mense skop teen demokrasie.Pahad sê dit is nie verbasend dat daar steeds wit rassiste in die samelewing is nie, omdat dit maar 14 jaar ná die beëindiging van apartheid is wat die mees rassistiese bestel was wat die wêreld tot nog toe gesien het. |