|
MDC bly steeks oor parlements-opening |
|
|
|
|
Donderdag, 21 Augustus 2008 |
|
Die leier van MDC in Zimbabwe, Morgan Tsvangirai, sê as die parlement Maandag byeenkom sal dit 'n skending wees van 'n memorandum van verstandhouding tussen die party en ZANU PF.
Hy sê dit kan beteken dat President Robert Mugabe gaan afsien van die onderhandelings oor magsdeling in Zimbabwe. Tsvangirai het kommentaar gelewer nadat hy in Nairobi samesprekings met Kenia se eerste minister, Raila Odinga, oor die vordering van magsdeling in die Oos-Afrikaland gevoer het. |