|
Land rou oor sy staatshoof |
|
|
|
|
Woensdag, 20 Augustus 2008 |
’n Routydperk van sewe dae is in Zambië afgekondig na die afsterwe gister van president Levy Mwanawasa in ‘n Franse hospitaal.
Die 59-jarige Zambiese leier het twee maande gelede ‘n ernstige beroerte-aanval gehad. Vise-president Rupiah Banda het die Zambiese volk gister op die staatstelevisiediens van die Zambiese leier se afsterwe verwittig. Mwanawasa was een van die enkele Afrika-leiers wat die moed gehad het om pres. Robert Mugabe se bewind te kritiseer. |