|
Volle regbank hoor Hlope se aansoek aan. |
|
|
|
|
Dinsdag, 19 Augustus 2008 |
|
‘n Volle regbank van die Witwatersrandse regsafdeling sal vandag regter-president John Hlophe van Kaapstad se aansoek teen die Konstitusionele Hof en die Regterlike Dienskommissie in die Johannesburgse Hooggeregshof aanhoor.
Sy aansoek is om die Konstitusionele Hof se stappe teen hom onwettig verklaar te kry en die kommissie se ondersoek teen hom te staak. Dit volg op bewerings van regters van die konstitusionele hof dat Hlophe hom onbehoorlik ingemeng het by twee van dié hof se regters in ’n toe nog ongelewerde uitspraak in verband met beslagleggings op dokumente van die ANC-president, Jacob Zuma. Hlophe toe ’n klag teen die regters ingedien dat hulle hul aan growwe wangedrag skuldig gemaak het deur die klag teen hom openbaar te maak. |