|
Rooikruis toegang tot Suid-Ossetië-streek geweier |
|
|
|
|
Dinsdag, 19 Augustus 2008 |
|
Die Rooikruis is toegang tot Georgië se wegbreek Suid-Ossetië-streek geweier.
Die Rooikruis is toegang tot Georgië se wegbreek Suid-Ossetië-streek geweier. Woordvoerder Anna Nelson het in Genève gesê ondanks ‘n versekering deur die plaaslike owerhede, kon die president van die Internasionale Rooikruis, Jakob Kellenberger, nie die krisisgebied binnegaan nie. ‘n Vergadering tussen Kellenberger en Georgië se president Mikheil Saakashvili en ander lede van sy regering is ook gekanselleer. Nelson sê die Rooikruis kon nog nie die humanitêre situasie in die streek bepaal nie en hulle verwag dat dit tien dae ná die uitbreek van gevegte verskriklik kan wees. |