|
Tsvangerai gaan die streek se hulp vra |
|
|
|
|
Maandag, 18 Augustus 2008 |
|
Zimbabwe se opposisieleier, Morgan Tsvangirai, gaan die week streeksleiers vra om te help om die dooiepunt in die onderhandelinge oor magsdeling met president Robert Mugabe se regerende party op te los.
Sy woordvoerder, George Sibotshiwe, sê Tsvangirai is vandag vir samesprekings in Botswana op die eerste skof van 'n streekstoer omSuider-Afrika leiers te vra om die struikelblokke wat by die samesprekings opgeduik het, uit die weg te help ruim. Sibotshiwe sê die Zimbabwiese kwessie is nog glad nie opgelos nie. Zimbabwe se minister van justisie en hoof-onderhandelaar van die ZANU-PF, Patrick Chinamasa, sê intussen daar sal met die onderhandelinge deurgedruk word.Hy op televisie gesê die onderhandelinge oor die land se politieke krisis sal met president Thabo Mbeki as fasiliteerder voortgaan.Chinamasa sê dit is sy party se verwagting dat ‘n ooreenkoms bereik sal word sodat die verdeeldheid, konflik en polarisasie, wat Zimbabwiërs verdeel het, agtergelaat kan word. |