|
Skoolseun met swaard vermoor |
|
|
|
|
Maandag, 18 Augustus 2008 |
'n Matriekseun met ‘n klapmus en wie se gesig met skoenpolitoer swart gesmeer was, het vanoggend 'n mede-leerling by ‘n hoërskool in Krugersdorp met 'n swaard doodgesteek.
'n Matriekseun met ‘n klapmus en wie se gesig met skoenpolitoer swart gesmeer was, het vanoggend 'n mede-leerling by ‘n hoërskool in Krugersdorp met 'n swaard doodgesteek. 'n Graad 9-leerling van die Hoër Tegniese Skool Nic Diedericks, Jacques Pretorius, is dood nadat die hoofslagaar in sy nek raakgesteek is. Nog 'n leerling is in die agterkop gesteek, terwyl twee tuinwerkers ook beseer is. Die aanvaller het glo aan mede-leerlinge gesê satan het beveel dat hy voor die einde van die dag drie leerlinge moet doodmaak, anders sal hy doodgemaak word. Die skool is gesluit en die leerlinge is tot verdere kennisgewing huistoe gestuur. |