|
Tsvangerai mag nie aan leiersberaad van SADEK in Johannesburg deelneem nie. |
|
|
|
|
Saterdag, 16 Augustus 2008 |
Die hoof opposisieleier in Zimbabwe, Morgan Tsvangirai, mag nie vanoggend en môre in Sandton aan die beraad van staats-hoofde van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap deelneem nie en slegs pres. Robert Mugabe sal verteenwoordig wees.
Die minister van buitelandse sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, het gesê vandag se leiersberaad is ’n beraad vir regeringshoofde, nie vir partye nie. Die beraad word deur pres. Ian Khama van Botswana geboikot omdat die land nie Mugabe as wettig verkose leier erken nie. COSATU gaan vandag ‘n betoging uit protes teen die teenwoordigheid van pres. Mugabe by die SAOG-beraad hou. |