|
Partye praat weer oor skikking in Suid Afrika |
|
|
|
|
Saterdag, 16 Augustus 2008 |
|
Zimbabwe se politieke opponente, pres. Robert Mugabe en die MDC-leier,Morgan Tsvangirai het hulle onderhandelings oor ‘n regering van nasionale eenheid gisteraand by ‘n onbekende plek in Suid-Afrika hervat.
Hul samesprekings in Harare is Dinsdagaand verdaag sonder dat ‘n ooreenkoms bereik is.Die tribunaal van die Suider Afrikaanse Ontwikkelings-gemeenskap oorweeg nog ‘n dringende aansoek deur ‘n Zimbabwiese organisasie vir Zimbabwiese uitgewekenes en ander burgerlike organisasies om te verhoed dat president Robert Mugabe die naweek se beraad van die SAOG in Sandton bywoon.Gabriel Shumba van die Zimbabwean Exiles Forum sê Mugabe is nie wettig verkies is nie en kan om dié rede nie sy plek onder die ander Afrika-leiers by die SAOG- beraad neem nie. |