|
Zimbabwiese organisasie wil Mugabe verhoed om in Suid Afrika te kom |
|
|
|
|
Vrydag, 15 Augustus 2008 |
|
‘n Zimbabwiese organisasie vir Zimbabwiese uitgewekenes het ‘n dringende aansoek tot die Suider-Afrikaanse Tribunaal gerig om te verhoed dat president Robert Mugabe die naweek se beraad van die SAOG in Sandton bywoon.
Gabriel Shumba van die Zimbabwean Exiles Forum sê die aansoek is vandag na die tribunaal in Windhoek gefaks. Hy sê Mugabe is nie wettig verkies nie so hy kan nie aan die SAOG-tafel sit nie.Shumba sê hulle hoop die tribunaal sal die SAOG se uitnodiging aan Mugabe terugtrek en sy bewind as onwettig verklaar.Hy sê die aansoek is in ‘n laat stadium gerig, omdat die forum nie verwag het dat Mugabe genooi sou word nie.Botswana se ministerie van buitelandse sake het bevestig dat president Ian Khama nie die SAOG-beraad in Suid-Afrika gaan bywoon nie. Die rede is dat die land nie Mugabe se herverkiesing op 27 Junie erken nie. Die ministerie sê in ‘n verklaring die Zimbabwiese owerhede behoort nie verteenwoordig te word op ‘n politieke vlak van die SAOG se 14 lede nie.In die verklaring word dit ook benadruk dat Botswana nie Junie se verkiesing erken nie, aangesien dit strydig was met die kernbeginsels van die SAOG, die Afrika-unie en die Verenigde Nasies. |