|
Vrydag, 15 Augustus 2008 |
|
Oliepryse het vanoggend in Asië verder gedaal met die prys van New Yorkse ru-olie vir lewering in September wat tot onder 114 dollar per vat gedaal het.
Oliepryse het vanoggend in Asië verder gedaal met die prys van New Yorkse ru-olie vir lewering in September wat tot onder 114 dollar per vat gedaal het. Beleggers meen die stadige ekonomiese groei in die wêreld se grootste ekonomieë sal voortgaan om die internasionale vraag na olie te demp. Ontleders sê veral die ekonomiese verlangsaming in Amerika, Europa en Japan, beïnvloed die oliemark. ‘n Sterker dollar die week het ook gehelp op die oliepryse af te druk. |