|
Rentekoerse bly onveranderd in Suid Afrika |
|
|
|
|
Donderdag, 14 Augustus 2008 |
|
Die Suid Afrikaanse Reserwebank se monetêre beleidskomitee het die repokoers, waarteen geld aan handelsbanke geleen word, onveranderd op 12-persent gehou.
Dit bring ’n einde aan tien agtereenvolgende rentekoersverhogings. Die president van die Reserwebank, Tito Mboweni, het erken dat die inflasieverwagtinge aan die verbeter is en dat die nuwe samestelling van die inflasiemandjie ook ’n rol in die besluit gespeel het. Die beleidskomitee verwag dat inflasie in die derde kwartaal ’n hoogtepunt van 13-persent sal bereik. |