|
MDC woedend oor optrede teen sy leier |
|
|
|
|
Donderdag, 14 Augustus 2008 |
|
Die MDC-opposisieparty in Zimbabwe sê die owerhede het by die Harare lughawe beslag gelê op die paspoorte van sy leier, Morgan Tsvangirai, en ander party-amptenare.
Volgens die MDC se sekretaris-generaal, Tendai Biti, was Tsvangirai na Suid-Afrika onderweg vir die beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap. Biti sê die optrede is ‘n bewys van die regering se valsheid. Dit volg nadat samesprekings in Pretoria oor magsdeling in Zimbabwe vroeër die week op 'n dooiepunt uitgeloop het. |