|
Onderhandelings in Zimbabwe |
|
|
|
|
Donderdag, 14 Augustus 2008 |
|
Zimbabwe se opposisieleier, Morgan Tsvangirai, sê hy is steeds daartoe verbind om ‘n ooreenkoms te bereik wat aan die wil van die mense sal voldoen en die uitslag van die verkiesing in Maart sal weerspieël.
Zimbabwe se opposisieleier, Morgan Tsvangirai, sê hy is steeds daartoe verbind om ‘n ooreenkoms te bereik wat aan die wil van die mense sal voldoen en die uitslag van die verkiesing in Maart sal weerspieël. Hy sê in ’n verklaring sy party het geweet onderhandelings sal moeilik wees, maar enigiets anders as wat die mense wil hê, sal ‘n ramp vir die land wees. Hy het ook in ‘n Internet-nuusbrief gesê Zimbabwiërs het op 29 Maart vir verandering gestem en hulle sal nie in die steek gelaat word nie. |