|
Verwarring heers in Zimbabwe |
|
|
|
|
Woensdag, 13 Augustus 2008 |
President Thabo Mbeki van Suid Afrika het ontken dat die samesprekings vir magsdeling in Zimbabwe 'n dooiepunt bereik het.
Volgens hom het Mugabe met die MDC faksie-leier Arthur Mutumbara 'n ooreenkoms bereik, maar hy is nie seker of dit reeds onderteken is nie. Mbeki het ook gesê dat Morgan Tsvangerai tyd gevra het om sy opsies te oorweeg. Verwarring heers volgens berigte uit Harare of Mugabe voortgaan om 'n regering saam stel.Volgens die staatsmedia in Zimbabwe maak president Robert Mugabe hom gereed om 'n regering met of sonder die MDC saam te stel.Die berig lui verder dat Morgan Tsvangerai van die MDC nie te vinde is vir 'n ooreenkoms wat deur president Thabo Mbeki van Suid Afrika bemiddel is nie. |