|
Suid Afrikaanse verbruikers gaan nog duurder betaal vir elektrisiteit |
|
|
|
|
Woensdag, 13 Augustus 2008 |
|
Suid-Afrikaanse verbruikers kan hulle vir nog 'n skerp verhoging in elektrisiteitstariewe in die nabye toekoms regmaak.
Suid-Afrikaanse verbruikers kan hulle vir nog 'n skerp verhoging in elektrisiteitstariewe in die nabye toekoms regmaak. Die afwaartse aanpassing van Eskom se kredietgradering deur die kredietgraderings-agentskap Moody's sal tot duurder krag lei. Eskom sal 'n hoër rentekoers moet betaal vir die 150 miljard rand wat hy van private uitleners moet leen om meer kragstasies te bou. Nog twee kredietgraderings-agentskappe, Fitch en Standard and Poors sal ook na verwagting Eskom binnekort afgradeer wat die nasionale kragvoorsiener se leningskoste nog verder sal opjaag. |