|
Zimbabwe samesprekings duurvoort |
|
|
|
|
Dinsdag, 12 Augustus 2008 |
|
'n Amptenaar van die regerende ZANU PF -party in Zimbabwe sê die samesprekings oor magsdeling tussen pres. Robert Mugabe en die opposisie MDC-leier Morgan Tsvangirai dreig om skipbreuk te lei.
'n Amptenaar van die regerende ZANU PF -party in Zimbabwe sê die samesprekings oor magsdeling tussen pres. Robert Mugabe en die opposisie MDC-leier Morgan Tsvangirai dreig om skipbreuk te lei. Die hoof struikelblok is verskille tussen die partye oor watter rol, indien enige, Mugabe in 'n moontlike eenheidsregering gaan speel. ZANU PF is blykbaar nie daarvoor te vinde dat Mugabe slegs 'n seremoniële staatshoof in 'n nuwe bedeling sal wees nie. Die taai onderhandelings in Harare sal vandag hervat word. |