|
EU vra Rusland om vyandelikhede te staak |
|
|
|
|
Maandag, 11 Augustus 2008 |
|
Die Europese Kommissie het ‘n beroep op Rusland gedoen om sy militêre bedrywighede op Georgiese grondgebied onmiddellik te staak.
Volgens ‘n woordvoerder is die kommissie uiters bekommerd oor die geweld en bloedvergieting.Intussen gaan die ministers van buitelandse sake van die Europese UnieWoensdag in Brussel vergader om die toestand in Georgië te bespreek. Georgië se buitelandse sake-minister, Ekaterine Tkeshelashvili, word ook môre in Brussel verwag om met amptenare van NAVO samesprekings te voer. |