|
Tsvangerai boikot heldedag- vierings in Harare |
|
|
|
|
Maandag, 11 Augustus 2008 |
|
Die leier van die MDC in Zimbabwe Morgan Tsvangerai het nie die heldedag vierings in Harare bygewoon nie.
Zimbabwe se president Robert Mugabe het die opposisie gewaarsku om hulle nie deur die vyande te laat gebruik nie. Hy het tydens heldedagvieringe in Harare gesê Zimbabwe is nie te koop nie en sal nooit weer ‘n kolonie wees nie. Mugabe het die belangrikheid van eenheid in die land benadruk en sy toespraak was in teenstelling met vorige jare s’n toe hy gereeld snedige aanmerkings teenoor die opposisie het. |