|
Konflik oor Suid-Osettië duur voort |
|
|
|
|
Maandag, 11 Augustus 2008 |
|
Rusland en Georgië het vanoggend voortgegaan om mekaar te beskuldig van nuwe aanvalle in die konflik oor Suid-Ossetië, terwyl diplomate hard probeer om ‘n skietstilstand te bewerkstellig.
Die Franse minister van buitelandse sake, Bernard Kouchner, sê Georgië het feitlik die hele vredesplan van die Europese Unie om die konflik te ontlont, aanvaar. Hy het intussen na Moskou vertrek vir krisis-samesprekings met presidentDmitry Medvedev en die Russiese minister van buitelandse sake, Sergei Lavrov. Tot 80 persent van die meer as 50-duisend inwoners van die Georgiese stad, Gori, het uit die stad gevlug uit vrees vir Russiese aanvalle.Dié inligting is deur Ron Redmond van die Verenigde Nasies se vlugteling-agentskap bekendgemaak.Russiese vegvliegtuie het Saterdag lugaanvalle op Gori en die hawestad, Poti, uitgevoer.Gori is Georgië se naaste stad aan die wegbreek-streek, Suid-Ossetië. |