|
Krieketnuus: Laaste dag van die vierde toets tussen Suid Afrika en Engeland |
|
|
|
|
Maandag, 11 Augustus 2008 |
|
Engeland het vandag op die laaste dag van die vierde toets teen Suid-Afrika op die Oval in Londen 197 lopies vir ‘n oorwinning nodig.
Engeland het vandag op die laaste dag van die vierde toets teen Suid-Afrika op die Oval in Londen 197 lopies vir ‘n oorwinning nodig. Suid-Afrika het tien paaltjies nodig indien hy die reeks met drie-nul wil wen. Die Engelse sal vanmiddag hulle tweede beurt hervat sonder dat daar nog lopies op die telbord is nadat spel gister ná slegs agt balle weens swak lig gestaak is. Suid-Afrika, wat ‘n eerstebeurt-agterstand van 122 lopies gehad het, is in sy tweede beurt vir 318 lopies uitgehaal met AB de Villiers wat 97 lopies en Hashim Amla wat 76 aangeteken het. De Villiers en Paul Harris met 34, het 95 lopies om die agtste paaltjie aangeteken. |