|
Suid Afrikaanse vrou aangekla in Australië |
|
|
|
|
Maandag, 11 Augustus 2008 |
|
‘n Suid-Afrikaanse vrou is daarvan aangekla dat sy heroïen by Australië ingesmokkel het.
‘n Suid-Afrikaanse vrou is daarvan aangekla dat sy heroïen by Australië ingesmokkel het. Die 32-jarige vrou, wie se naam nie bekendgemaak is nie, is Saterdagoggend in hegtenis geneem kort nadat sy vanaf Bangkok op die lughawe van Melbourne aangekom het. Die Australiese doeanediens sê byna twee kilogram heroïen is in haar tas gevind. Die vrou word deur lewenslange tronkstraf of ‘n boete van meer as 720-duisend Amerikaanse dollar in die gesig gestaar indien sy aan dwelmhandel skuldig bevind word. |