|
Beraadslagings oor magsdeling in Zimbabwe vorder |
|
|
|
|
Maandag, 11 Augustus 2008 |
|
Beraadslagings oor magsdeling in Zimbabwe tussen president Thabo Mbeki, president Robert Mugabe en die leiers van die twee MDC-faksies, Morgan Tsvangirai en Arthur Mutambara, is vroeg vanoggend tot later vandag verdaag.
Beraadslagings oor magsdeling in Zimbabwe tussen president Thabo Mbeki, president Robert Mugabe en die leiers van die twee MDC-faksies, Morgan Tsvangirai en Arthur Mutambara, is vroeg vanoggend tot later vandag verdaag. Mugabe het aan verslaggewers gesê geen eenstemmigheid kon nog bereik word nie, maar hy is vol vertroue dat ‘n ooreenkoms in sig is. Tsvangirai het geweier om enige kommentaar te lewer toe hy die hotel in Harare verlaat het. Die BBC sê ‘n belangrike kwessie by die samesprekings is hoeveel mag Mugabe gaan behou en watter rol Tsvangirai in ‘n nuwe regering sal speel. |