|
Amerikaanse toeris se dood maak opslae by Olimpies spele |
|
|
|
|
Sondag, 10 Augustus 2008 |
|
Die eerste dag van deelname by die Olimpiese Spele is oorskadu deur die moord op ‘n Amerikaanse toeris en dreigemente deur deelnemers van Georgië om hulle aan die Spele te onttrek.
Todd Bachman -- die skoonpa van die Amerikaanse mans-vlugbalspan – is doodgesteek tydens ‘n besoek aan ‘n monument, die Drum Tower, in Beijing.Sy aanvaller het daarna selfmoord gepleeg toe hy van die tweede vlak van die monument afgespring het. Georgië se president Mikheil Saakashvili het die land se Olimpiese groep versoek om by die Spele te bly nadat hulle gedreig het om hulle te onttrek uit protes teen Rusland se aanvalle op die Georgiese wegbreek-streek, Suid-Ossetië. |