|
Vier sterf in n bomontploffing in Sjina |
|
|
|
|
Sondag, 10 Augustus 2008 |
|
Minstens vier mense is dood in bomontploffings vroeg vanoggend in die westelike Xinjiang-provinsie in Sjina.
Dit ondanks verskerpte veiligheidsmaatreëls ná ‘n aanval enkele dae voordat die Olimpiese Spele in Beijing geopen is. Die amptelike Xinhua-nuusagentskap sê die polisie vermoed dat die mense wat vir die ontploffings verantwoordelik was, in die ontploffings dood is. Militêre versterkings is na die gebied gestuur en dit is afgesper. |