|
Europese Unie besorg oor konflik in Suid-Osettia |
|
|
|
|
Sondag, 10 Augustus 2008 |
‘n Afvaardiging van gesante van Amerika, die Europese Unie en die Organisasie van Sekuriteit en Samewerking in Europa het gisteraand in Georgië aangekom, terwyl dié land se konflik met Rusland oor die wegbreek Suid-Ossetië-streek besig is om te vererger.
Die afvaardiging hoop om ‘n skietstilstand te bewerkstellig ná drie dae se gevegte tussen Russiese en Georgiese magte waarin honderde mense reeds omgekom of beseer is. Russiese vegvliegtuie het reeds verskeie dorpe in sentraal-Georgië gebombardeer en volgens Georgië is minstens 60 mense in die dorp, Gori, naby Suid-Ossetië gedood. |