|
Dwelmisbruik kos Suid Afrika miljarde per jaar |
|
|
|
|
Vrydag, 08 Augustus 2008 |
|
Die leier van die Demokratiese Alliansie, Helen Zille, sê dwelmmisbruik kos Suid-Afrika 20-miljard rand per jaar en kan 'n groter bedreiging vir die land se toekoms inhou as Vigs.
Sy sê in haar weeklikse nuusbrief dat volgens die polisie se statistiek, 60 persent van alle misdade met dwelm- of drankmisbruik verbind kan word. Zille sê dit raak al hoe erger en in ‘n onlangse verslag van die Verenigde Nasies, word Suid-Afrika genoem as een van die lande waar die meeste dwelmmisbruik voorkom. |