|
Nog pogings om Madleine McCann te vind |
|
|
|
|
Vrydag, 08 Augustus 2008 |
|
Die Britse koerant, die Daily Mirror, het 'n kunstenaarsvoorstelling van die paartjie wat glo saam met die vermiste Britse meisietjie, Madeleine McCann, in Nederland gesien is, gepubliseer.
Die sketse is gemaak met die hulp van 'n winkel-assistent van Amsterdam wat sê sy het met 'n meisietjie met die naam, Maddy, gepraat en sy het gesê sy is van haar ma weggeneem. Madeleine het op 3 Mei verlede jaar verdwyn terwyl sy saam met haar Britse ouers in Portugal vakansie gehou het. Volgens die winkel-assistent het die man Portugees gepraat, terwyl die vrou Franssprekend was. |