|
2008 Olimpiese spele open terwyl miljarde dit op televisie volg |
|
|
|
|
Vrydag, 08 Augustus 2008 |
|
Die 29ste Olimpiese Spele is op skouspelagtige wyse voor 90-duisend toeskouers in die Olimpiese stadion, bekend as die Voëlnes, in Beijing geopen.
Die seremonie het om tweeuur begin en sal drie en ‘n half uur duur met president Hu Jintao wat die Spele amptelike oop sal verklaar.Die skouspel, waaraan duisende mense deelneem, word na raming deur sowat vier-miljard mense van regoor die wêreld op televisie dopgehou. |