|
Potchefstroom se nuwe naam bly turksvy |
|
|
|
|
Donderdag, 07 Augustus 2008 |
|
Aksie Potchefstroom en AfriForum se gesamentlike hofaansoek teen die verandering van die Potchefstroom se naam na Tlokwe, is vandag in die hooggeregshof in Mafikeng uitgestel nadat die stadsraad en die provinsiale regering van Noordwes versuim het om hulle hofstukke betyds in te dien.
ʼn Kostebevel weens die vertraging van die hofverrigtinge is op versoek van Aksie Potchefstroom en AfriForum teen die stadsraad en provinsiale regering toegestaan. Aksie Potchefstroom en AfriForum het onderneem om om ʼn nuwe hofdatum aansoek te doen sodra die stadsraad sy hofstukke ingedien het. |