|
Kitsbank-rowers loop hulle rieme styf in Pretoria |
|
|
|
|
Donderdag, 07 Augustus 2008 |
|
Die polisie stel ondersoek in na die moontlikheid dat die twee vermeende kitsbank-rowers wat vanoggend by Hammanskraal noord van Pretoria deur die polisie doodgeskiet is, verbind kan word met ander voorvalle waar kitsbanke oopgeskiet is.
Die twee rowers is in ‘n oor-en-weer skietery doodgeskiet nadat die polisie inligting na ‘n kitsbank ontploffing opgevolg en op ‘n huis toegeslaan het. Vier ander vermeende rowers is in hegtenis geneem en beslag is gele op verskeie vuurwapens, waaronder ‘n AK47 geweer, plofstof en kontant.Uit KwaZulu-Natal word berig dat nog 'n vermeende kitsbank-rower by 'n vulstasie naby Estcourt deur die polisie doodgeskiet toe hy probeer vlug het. Nog een is in hegtenis geneem. Die twee mans is gesoek in verband met minstens vyf kitsbank-ontploffings. |