Windhoek en Namibië

Hello, you either have JavaScript turned off or an old version of Macromedia's Flash Player. Get the latest flash player.

Meningsopname

Kan die Springbokke Saterdag wen?
 
Glo jy die stories oor aardverwarming?
 

Wie is nou aanlyn

Ons het 5 gaste en 10 gebruikers op die webwerf
  • jpnel
  • Moeksie
  • Fanie
  • Mie1
  • Jaggy
  • mark1
  • Gerhardus
  • Polla
  • Trudie
  • cat

Teken aan






Wagwoord vergeet?
Nog nie 'n lid nie? Word nou ene.

Nuus Sindikaat

Cosatu-staking slaan wyd PDF Druk E-pos
Woensdag, 06 Augustus 2008
Die ekonomiese impak van  Cosatu se landwye  eendaagse  staking oor stygende voedsel-, krag- en brandstofpryse blyk groter as verlede maand se massa aksies te wees.

Mynmaatskappye het vanoggend aangedui dat skagte orals leegstaan nadat
werkers gehoor gegee het aan die vakverbond se oproep om aan vandag sewegblyaksie deel te neem.Die myne van die land se drie goudreuse, AngloGold Ashanti, Gold Fields en Harmony is na berig word ook deur die eendaagse staking lamgelê. Motorvervaardigers Volkswagen en Mercedes–Benz het vandag hul fabrieke in die Oos-Kaap gesluit terwyl die klere- en tekstiel werkervakbond Sactwu skat
dat 90 persent van die 131-duisend werkers in dié sektore vandag staak. Die betogings in verskeie stede en dorpe het vreedsaam verloop en geen berigte van geweldpleging of saakbeskadiging is nog ontvang nie. Duisende Cosatu betogers na die departement van minerale en energie in Pretoria geloop om ‘n griefskrif aan ‘n senior amptenaar te oorhandig. In Kaapstad het meer as ‘n duisend mense opgedaag om aan die optog na die parlement deel te neem. Werkers in die Vrystaat het ook vanoggend op Thabong in Welkom aan ‘n protesoptog na die kantore van die plaaslike munisipaliteit deelgeneem.Ongeveer tweeduisend mense het op Vredendal in die Wes-Kaap byeengekom om aan ‘n Cosatu-geleide protesoptog deel te neem.

 
< Vorige   Volgende >

Suid-Afrika

  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa

Kopiereg © 2008 - Kosmos 94.1.   Alle regte voorbehou.
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.
Webtuiste en Internet klank stroom deur TsunamiNET