Meningsopname

Gaan jy minder bestee aan Kersgeskenke die jaar?
 
Waar is jy die feesseisoen?
 

Teken aan






Wagwoord vergeet?
Nog nie 'n lid nie? Word nou ene.
Kosmos 94.1 beskik oor n vakature vir n lugtydbemarker. Indien jy oor die ervaring en kundigheid in die veld beskik
wil ons baie graag van jou hoor. Skakel Kolie van Coller by 0811273000 of epos kolie by kosmos.com.na

Mugabe nie Vrydag in Beijing PDF Druk E-pos
Dinsdag, 05 Augustus 2008
Zimbabwe se president Robert Mugabe is glo deur Sjina se kommunisteparty aangesê om nie Vrydag se openingseremonie van die Olimpiese Spele in Beijing by te woon nie.

Dit ondanks die feit dat Sjina en Zimbabwe ‘n noue verbintenis het.Die Sydney Morning Herald sê dit volg nadat wêreldleiers die Sjinese regering oorreed het dat Mugabe nie genooi moet word nie.Volgens die koerant is Mugabe in Hong Kong meegedeel dat hy nie welkom sal wees nie.Die openingseremonie sal onder meer deur verskeie wêreldleiers, insluitende president George Bush en sy Franse ampsgenoot, Nicolas Sarkozy, bygewoon
het. Mugabe se woordvoerder, George Charamba, het oor die naweek aangekondig
dat sy leier nie Vrydag in Beijing sal wees nie. Die onderhandelinge in Pretoria tussen Mugabe se Zanu-PF party en die opposisie MDC-party is as rede aangegee.Charamba sê Mugabe beskou die onderhandelinge as van groot belang en dit is waarom hy nie na Beijing gaan nie.

 
< Vorige   Volgende >

Besoek Suid-Afrika:

  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa

Kopiereg © 2008 - Kosmos 94.1.   Alle regte voorbehou.
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.
Webtuiste en Internet klank stroom deur TsunamiNET