|
Balieraad bekommerd oor aanvalle op regbank |
|
|
|
|
Dinsdag, 05 Augustus 2008 |
|
Die Algemene Balieraad het sy kommer uitgespreek oor aanvalle op die regbank veral ten opsigte van die hofsake teen die ANC-president, Jacob Zuma.
Die raad sê die aanvalle ondermyn die integriteit van die howe.Die sekretaris-generaal van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty, Blade Nzimande, het gister by Zuma se hofverskyning in Pietermaritzburg gesê die regters van die Konstitusionele Hof is self ’n gevaar vir die Grondwet.Hy het gesê die beslissing van die hof se regters verlede week teen Zuma is die ernstigste bedreiging vir die Grondwet. |