|
Mulder kwaai oor beweerde rassisme |
|
|
|
|
Maandag, 04 Augustus 2008 |
|
Die leier van die Vryheidsfront Plus, Pieter Mulder, sê dis hoogtyd dat die rasse-agenda van die ANC aan die groot klok gehang moet word.
Hy het in ‘n verklaring gereageer op die rassistiese reaksie van ANC-lede van die parlementêre sportportefeuljekomitee op die Vryheidsfront Plus se lid, Willie Spies, se versoek aan die komitee dat die besware van Saskok teen die komiteevoorsitter, Butana Khompela, ernstig opgeneem moet word. Mulder sê die party se dagbestuur het die naweek besluit dat beeldmateriaal van van komitee se optrede aan internasionale sportliggame soos FIFA, die Internasionale Olimpiese Komitee en die Internasionale Rugbyraad beskikbaar gestel word. Hy sê die inmenging by sportadministrasies deur die komitee is verlede week tot ‘n nuwe laagtepunt gevoer toe die president van Suid-Afrika se Olimpiese liggaam, Saskok, geweier het om voor die komitee te verskyn. |