|
Schabir Shaik se toestand versleg |
|
|
|
|
Maandag, 04 Augustus 2008 |
|
Die voorsitter van die parlementêre komitee oor Korrektiewe Dienste, Dennis Bloem, het sy kommer uitgespreek oor die gesondheidstoestand van die veroordeelde Durbanse sakeman, Schabir Shaik.
Hy sê hy is deur die Durban-Westville-gevangenis in kennis gestel dat Shaik se toestand eerder verswak as verbeter. Bloem sê dit is kommerwekkend dat enige gevangene ná vyf maande in 'n hospitaal nie beter word nie. Hy sê Korrektiewe Dienste sal Shaik se toestand dringend moet bespreek en 'n besluit neem. |