Windhoek en Namibië

Hello, you either have JavaScript turned off or an old version of Macromedia's Flash Player. Get the latest flash player.

Meningsopname

Het voedselpryse baie gestyg die afgelope ses maande?
 
Doen ons regering genoeg vir sport?
 

Wie is nou aanlyn

Ons het 6 gaste en 1 gebruiker op die webwerf
  • Piet

Teken aan






Wagwoord vergeet?
Nog nie 'n lid nie? Word nou ene.

Nuus Sindikaat

Kosmos 94.1 bootvaart van Kaapstad na Mosselbaai.

Kosmos 94.1 bied weer een van die mees onvergeetlike geleenthede vir vakansie aan. Dit is 'n vaart van drie dae op die Rapsody van 4 tot 8 Desember 2008.

Ons vlieg met Air Namibia na Kaapstad, slaap oor in die City Lodge op die waterfront, proe wyn by Groot Constantia en gaan aanboord vir die vaart van die jaar.

Dit kos N$ 8850.00 alles behalwe drankies ingesluit.

Skakel vir Jacques by 061-255985 as jy wil saamgaan.

Joernaliste glo verhinder om Zuma-saak by te woon PDF Druk E-pos
Maandag, 04 Augustus 2008

Die Nasionale Redakteursforum, Sanef, sê dit het onder sy aandag gekom dat verskeie joernaliste wat geakkrediteer was om vandag die saak van die ANC-president, Jacob Zuma, te dek, verhoed is om die hof binne te gaan.

Die forum sê in ‘n verklaring daar is geweldige openbare belangstelling in die verhoor in Suid-Afrika en in die buiteland en om toegang aan joernaliste te weier, word die Suid-Afrikaanse publiek wat nie in die hof kan wees nie, hulle reg tot inligting wat in die Grondwet gewaarborg word, ontneem. Sanef sê daar is geen regverdiging om toegang aan geakkrediteerde joernaliste te weier nie en die owerhede moet verseker dat joernaliste hulle werk sonder enige hindernisse kan doen.Intussen het regter Chris Nicholson van die Pietermaritzburgse Hooggeregshof opdrag gegee dat die strafsaak teen die Franse wapenvervaardiger, Thint, tot 8 Desember uitgestel word.  Die staatsaanklaer, Billy Downer, sê daar is 'n ooreenkoms tussen die staat en Thint se regspan bereik en die uitvoerende hoof van die maatskappy, Pierre Moynot, hoef nie die hofsaak by te woon nie. Thint staan saam met Zuma tereg op aanklagte van bedrog en korrupsie.

 
< Vorige   Volgende >

Besoek Suid-Afrika:

  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa

Kopiereg © 2008 - Kosmos 94.1.   Alle regte voorbehou.
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.
Webtuiste en Internet klank stroom deur TsunamiNET