|
Maandag, 04 Augustus 2008 |
Volgens die jongste berigte is elf klimmers dood toe hulle probeer het om die kruin van die tweede hoogste berg in die wêreld, die K2 in die Himalaja, te bereik.
Een het hom doodgeval en tien ander het verkluim toe hulle op ‘n hoogte van agt-duisend meter gestrand gelaat is toe ‘n stuk ys losgebreek en hulle ankertoue afgesny het. Twee reddingshelikopters het vanoggend van die naaste dorp, Skardu, vertrek om te probeer om ‘n Italiaanse klimmer te red wat aan ernstige vriesbrand ly. ‘n Reddingspan het gister ‘n Nederlander en ‘n Italianer gehelp om by ‘n kamp op ‘n hoogte van ses-duisend-500 meter uit te kom. |