|
Ondersoek gevra na bewerings teen Mbeki |
|
|
|
|
Maandag, 04 Augustus 2008 |
|
Die DA-leier, Helen Zille, en die leier van die Onafhanklike Demokrate, Patricia de Lille, dat bewerings dringend ondersoek moet word dat president Thabo Mbeki en Zuma 30-miljoen rand se omkoopgeld van ’n Duitse nywerheidsreus, MAN Ferrostaal, in die wapenskandaal ontvang het.
Dié geld was glo om te verseker dat die maatskappy die tender ontvang om duikbote aan Suid-Afrika te verskaf. Mbeki het op ‘n vergadering op Wepener in die Vrystaat gesê die ANC het nog altyd gesê hy dien die mense van Suid-Afrika en hy kan dit nie doen en terselfdertyd omkoopgeld aanvaar nie. Hy het die bewerings bestempel as leuens om sekere politieke agendas te bevorder. |